SAPD mistasting?


’n Zimbabwiese miljoenêr, Frank ¬Buyanga, sukkel om sy luukse Rolls-Royce Ghost waarvoor hy etlike miljoene betaal het, uit die Suid-Afrikaanse polisie te kry nadat hulle dit glo gekaap het.

Die SAPD beweer dat ¬Buyanga se Rolls-Royce, wat hy in 2010 in Brittanje gekoop het, moontlik ’n gesteelde voertuig kan wees en derhalwe onder polisie bewaring bly.

Die Rolls staan sedert die begin van Desember 2010 by die Sunnyside polisiestasie in Pretoria.
Die polisie se ondersoek na die diefstal is glo nog onafgehandel.