SAL diskrimineer openlik


Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het geen blanke mans oorweeg vir die kadette program vir voornemende vlieëniers nie.
.
Gedurende Augustus verlede jaar het die Lugdiens sy vorige besluit opgehef wat bepaal het dat geen wit mans in diens geneem word nie.

Te midde van die opheffing van die omstrede besluit is geen blanke mans gekeur nie.

In 2012 het blanke kandidate navrae gerig oor hulle situasie, en toe het dit bekend geword dat die blanke mans se aansoeke summier verwerp is.

Die optrede het die SAL in omstredenheid gedompel wat waarskynlik die rede is waarom die besluit opgehef is rondom blanke mans.

Waarnemers meen egter dat die besluit nou wel opgehef is maar nog steeds toegepas word. Dit is waarom geen blanke mans gekeur is nie, word gesê.