Sakeman moet R295 miljoen opdok


’n Sakeman van Houtbaai in die Wes-Kaap, Arnold Bengis, is deur die hof in die Amerika beveel om sowat R295 miljoen aan Suid-Afrikaanse owerhede te betaal.

Die bevel wat verlede Vrydag deur ‘n Amerikaanse hof uitgereik ishet ook betrekking op Bengis se seun, David, sowel as op ’n voormalige sakevennoot, ene Jeffrey Noll.

Die hofbevel is ten opsigte van die onwettige uitvoer van groot hoeveelhede kreef uit die Weskus na Amerika.

Dit is blykbaar die hofbeslissing wat die grootste bedrag ooit toegewys het vir betaling vir onwettighede met handel in kreef.

Die drie vennote het reeds R70 miljoen aan die ANC-regering oorbetaal en moet nou die balans van R224 ook betaal.

Die ANC-regering het aanvanklik R537 miljoen geëis.