Die Johannesburgse Metropolisie wil nou groot vragmotors verplig om ’n ander roete te gebruik en sal waarskynlik die berugte deel van William Nicol-rylaan by Roodepoort verbied word.
Dit volg nadat die soveelste ongeluk in die gebied deur swaar vragmotors veroorsaak is wat nie met die nodige versigtigheid bestuur is nie.
’n Weghol vragmotor het verlede Vrydag in sowat 15 Ander voertuie in geploeg as gevolg van ’n bestuurder wat glo beheer oor die voertuig verloor het.
Meer as 20 mense is in die ongeluk beseer.
Die plan is om lorries op daardie pad te verbied. Weens die aard van daardie pad se steilte verloor vragmotors beheer en daarom sal dit beter wees as hulle ander roetes gebruik,” het ’n woordvoerder van die Metroraad gesê.
’n Voormalige verkeershoof het aan Die Vryburger gesê daar is geen rede waarom groot vragmotors nie die roete kan gebruik nie. Wat wel gedoen moet word, is dat voldoende padtekens aangebring moet word wat spesifiek bedoel is vir vragmotors. Die bekwaamheid van sekere vragmotorbestuurders word ook betwyfel, aangesien ’n goeie bestuurder dadelik na ’n lae rat sal terugskakel.
Die padwaardigheid van sekere vragmotors kan ook die probleem wees, het hy gesê.
Ek ken die pad baie goed en het al n paar keer gesien hoe die vragmotors vanaf Ontdekkers daarin af gaan asof sy lewe daarvan afhang.
Elkekeer as ons die pad gery het dan was ek vreesbevange. Telkens het ek aan my man gese dat vragmotors nie daardie gevaarlike afdraend moet aandurf nie. Al skakel hy oor na n laer rat wat van die remstelsel wat nie n vol vrag kan dra as daar moeilikheid kom nie.