RSA egpaar in Al-Kaïda hande.


Die Suid-Afrikaanse egpaar wat Jemen by hulle hotel ontvoer is, word blykbaar deur Al-Kaïda-militante aangehou.
Dit is wat ’n senior veiligheidsbeampte in Jemen bekend gemaak het. Die beampte sê dat die ondersoek na Pierre en Yolandé Korkie, tot nou nie baie bemoedigend is nie.
Die twee Suid-Afrikaners, beide onderwysers van Bloemfontein, het ’n tyd lank in Jemen skool gehou. Hulle was oppad terug na Suid-Afrika toe hulle onverwags oorval en ontvoer is.

Die Suid-Afrikaanse regering is ook nie suksesvol met hulle poging om die egpaar se vrylating te bewerkstellig nie.

Hakim Almasmari, die redakteur van die Yemen Post in Jemen sê die feit dat die egpaar in die hande van Al-Kaïda is, maak onderhandelinge moeilik want daar is niks wat die twee regerings kan doen nie.

Die Suid-Afrikaanse Minister van Internasionale Betrekking en Samewerking het blykbaar, volgens waarnemers, grootdoenerig gesê die ANC-regering het stappe geneem om die Suid-Afrikaanse egpaar wat in Jemen ontvoer is, te bevry.