Reuse geheim van VSA oopgevlek


Die 29-jarige Edward Snowden, ’n Amerikaanse regeringskontrakteur het erken dat hy die persoon is wat besonderhede bekend gemaak het van ‘n reuse moniteringsprogram (erger as meeluistering) deur die VSA wat daarop gemik is om op internetgebruikers se aktiwiteite te “spioeneer”.

Die VSA se spioenasiehoof het ’n ondersoek gelas na die lekkasie van dié hoogs geheime inligting.

Snowden, wat die afgelope vier jaar vir die National Security Agency (NSA) werk, het sonder huiwering sy rol bekend gemaak en dit in ‘n video opname by die Britse koerant The Guardian se webtuiste geplaas.
Foto- Edward Snowden