Reserwebank in die knyp


Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is blykbaar erg bekommerd oor die hofsaak wat voor die deur is waartydens Mark Shuttleworth se aansoek om die land se valutabeheerstelsel ongrondwetlik te laat verklaar, rampspoedige gevolge inhou.

Shuttleworth wil ondermeer die hof versoek om ‘n heffing van meer as R250 miljoen ter syde stel wat hy moes betaal om van sy bates uit die land te kry.

Hy sal ook die hof versoek om die volle bedrag aan hom terug te betaal.

Die Reserwebank is blykbaar in die knyp. Indien die hof sy beslissing ten gunste van Shuttleworth gee, daar heelwaarskynlik talle ander maatskappye met soortgelyke aansoeke die hof kan nader. Dit sal inderdaag katastrofiese gevolge hê.