Regterlike dienskommissie moet verduidelik


Die Regterlike Dienskommissie (RDK) gaan in die hof verduidelik hoe hy sekere kandidate aanbeveel het as regters en ander, soos adv. Jeremy Gauntlett SC, geweier het.

Dit is wat die Helen Suzman-stigting (HSF) bekend gemaak het nadat dit bekend geword het dat adv. Jeremy Gauntlett SC nie op die kortlys verskyn het nie.

Nou wil die HSF vra dat die RDK in die Wes-Kaapse hooggeregshof moet verklaar presies hoe hulle ses kandidate aanbeveel het vir regterlike diens terwyl drie sterk kandidate nie die kortlys gehaal het nie.

Dié kandidate is adv. Jeremy Gauntlett SC, asook waarnemende regter Stephen Koen en waarnemende regter Nonkosi Saba.

Die RDK het vanjaar reeds deurgeloop oor transformasie op die regbank.