Rassisme by Laerskool?


As die ou Suid-Afrikaanse vlag asook ‘n foto van Julius Malema wat langs dié van ‘n aap hang die Nuwe Suid-Afrika se mense skok dan ontstaan die vraag of dit rassisme is of slegs ’n humoristiese voorval deur skoolkinders geïnisieer.

Die vlag en die foto’s van Malema en die aap is verwyder van die skool se terrein.

Howard Ndaba, die Vrystaatse Departement van Onderwys, se woordvoerder het gesê ‘n onderwyser van die Wilgehof-laerskool in Bloemfontein het die vlag as leermiddel gebruik maar hy is onbewus waarvandaan die foto’s gekom het.

Ndaba het gesê die Departement is uiters geskok oor die voorval.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gaan nou bewerings van rassisme by die skool ondersoek nadat klagtes ontvang is.