Minister Radebe wil die lys van mense wat aan korrupsie en bedrog skuldig bevind is, aan die wêreld bekend maak
Dit sal glo vir die eerste keer in Suid-Afrika gedoen word.
Daar is blykbaar 42 name op die eerste lys wat bekend gemaak gaan word.
Radebe het ook gesê oortreders se name sal bekend gemaak word en hulle sal verantwoordbaar gehou word.
“Die optrede dui op ons beleid van geen verdraagsaamheid teen alle korrupte bedrywighede,” het Radebe gesê.
Net 42 name.?!!!! Die hele spul is korrup en steel sover hul kan.
Ek luister soms so as hulle praat oor ander wat steel, dan wonder ek hoe het die spreker sy/haar miljoene gekry? Eerlikheid is nie juis in hul woordeskat nie.
Vir R10 pleeg hul moord. Wat nou? Gaan die wat oneerlik hul geld gekry het dit teruggee?
Ons het hierdie en ander soortgelyke dreigemente al oor en oor gehoor.
Gaan begin sommer heel bo my ou. Sy naam is Zuma.