President van Verkenners reageer op Croucamp bewerings


Piet Croucamp (ek kan nogal aan ‘n paar ander plekke dink wat ‘n kramp kry wanneer ek die snert lees was hy skryf en vertel) het tydens die Rooivleis Produsente-organisasie se onlangse kongres vir die boere vertel dat die terroris Mandela se dood weer(sic) eenheid in die land tot gevolg sal he soos met die rugby wêreldbeker in 1995. Hy reken verder dat blankes se mening dat Suid-Afrika in ‘n staat van revolusie en politieke onrus gaan verkeer met Mandela se dood is ongegrond.

Piet Croucamp gee homself uit as ‘n politieke ontleder en ’n mens kan maar net wonder hoe het hy Malema se skielike terugkeer op die politieke toneel ten tyde van die aankondiging dat Mandela op sterwe lê, gemis het. ’n Mens kan verder ook maar net wonder hoe Piet die som maak dat Malema se radikale, revolusionêre planne geen invloed gaan hê op die politiek nie.

Piet stel dit ook as ‘n feit dat daar eenheid was in die land in 1995. In hierdie “eenheid tydperk” van Piet is daar ten minste 53 Afrikaners vermoor deur swartes. Wreedaardig en barbaars is die meeste van hierdie Afrikaners op plase vermoor deur swart moordbendes en sedertdien het hierdie moorde jaar na jaar in getalle, wreedheid en velheid toegeneem. Vir Piet om hierdie snert vir die boere van die Rooivleis Produsente te vertel, is ek verbaas dat hy met sy kopdoek op sy kop daar uit is, wat nog te sê van sy kop aan sy lyf.

Piet se fabel is natuurlik geskoei op die mite dat Mandela ‘n soort god is, of soos wat sy dienaars hom noem, ‘n ikoon is, wat kan toor met sy “Madiba magic” (sic). Blykbaar glo Piet ook dat hierdie ou terroris ook kan toor wanneer hy dood is. Verder is Piet skynbaar van mening dat al wat die land kan red is ’n toorkuns, maar wil nie eerlik genoeg wees om te erken dat daar ernstige probleme in Suid-Afrika is nie.

Die realiteit is dat geen toorkuns hierdie land meer kan red nie. Die enigste oplossing vir die Boere-Afrikaner is selfbeskikking in ‘n eie staat. Ten minste sal ons dan ook ontslae wees van mense soos Piet met hulle vreemde sienings en redenasie, asook die nog vreemder klaarblyklike geloof.

Ben Geldenhuys
Verkennersbeweging van SA