Pres. Zuma trek eise terug


Pres. Jacob Zuma het verlede Vrydag besluit om al die eise wat hy ingestel het teen die media, terug te trek.
Dit het tot gevolg dat hy al die regskoste self sal moet betaal en kan tot soveel as R300,000 beloop.
Daar was twee groot eise van R5 miljoen elk, en die totale waarde van al die eise raak aan die R60 miljoen.

Dié eise was in verband met beweerde laster en die aantasting van sy waardigheid deur verskillende media instansies.

Hy het nou al sy eise terug getrek en die regskoste gaan derhalwe vir sy rekening wees.