Premier geniet die lewe


Die premier van Noord-Transvaal, ene Cassel Mathale, het derduisende Rand spandeer aan helikoptervlugte oor relatief kort afstande.

Mathale het gedurende Meimaand sowat R60, 000 spandeer vir ’n vlug van 160 km.

Gedurende Januarie vanjaar het hy ‘n helikopter gehuur om 200 km tussen Pietersburg en Masina te reis, wat R82 000 gekos het.

Tebatso Mabitsela, ’n woordvoerder van die provinsie se regering, het intussen bevestig dat Mathale belastingbetalers se geld spandeer vir die helikopterritte.

’n Politieke ontleder het aan Die vryburger gese dit bevestig maar net hoe politici in die ANC-kamp die lewe geniet ten koste van miljoene verarmdes.

Foto- Cassel Mathale