Polisie vra sangoma se hulp


Die polisiehoof van Sentraal Transvaal het blykbaar ’n sangoma, in plaas van die polisie, ontbied om die skuldige uit te snuffel na ’n inbraak by sy kantoor.

Die sangoma, Nomathemba Mgwebile, werk ook as uitvoerende sekretaresse in die polisiehoof, Petros se kantoor. Hy moes glo verlede week die skuldiges uit snuffel.

Die inbraak by Petros se kantoor was blykbaar net voor die moord op genl.maj. Tirhani Maswa¬nganyi, die Johannesburgse polisiehoof. Niks word egter uit Petros se kantoor vermis nie.

Petros het besluit om Mgwebile in te roep om met sy sangoma –toorgoed vas te stel wie die skuldiges is.

Mgwebile het later gesê sy kry die reuk van ’n nat hond, maar die polisiebeamptes kon nie verduidelik wat dit nou eintlik beteken nie.

’n Voormalige polisie bevelvoerder het aan Die Vryburger gesê dit is ’n kwade dag as die polisie sy werk oorlaat aan sangomas om sake op te los.