Polisie verantwoordelik vir moord


Mnr. Herman van der Schyff (34), ’n sekuriteitswag is verlede Sondag in Olifantshoek vermoor deur ’n aantal terroriste.
Herman was aan diens by ’n abattoir toe hy vermoor is.
Die rowers wou by die kluis inbreek, het uiteindelik Herman van der Schyff vermoor en met sy selfoon en beursie as enigste buit weggevlug.
Louis Pieterse, die slagplaas se eienaar, is woedend aangesien hy talle inbrake en rooftogte aangemeld het by die polisie en waar skynbaar weinig gedoen word om die bendes vas te vat.

Pieterse vertel dat hy reeds 12 gevalle van inbraak aangemeld het waarvan geeneen saak opgevolg is nie.

Die gemeenskap hou die polisie verantwoordelik vir die moord op mnr. Van der Schyff en voel daar moet nou iets daadwerkliks gedoen word.