Polisie blind vir moorddadige optrede


Twee polisiebeamptes wat na bewering ‘n boendoe-moord in die Noordwes geïgnoreer het, kan dalk hul werk kwyt wees en selfs as medepligtiges beskou word.

Die polisiemanne, wie se name nie bekend gemaak kan word nie, is op kamera vasgevang toe hulle verby die voorval in Majemantsho naby Mafikeng gery het.

Die 34-jarige Boikie Molefe is aangeval.

Molefe het glo sy voormalige minnares doodgesteek waarna ’n groep hom gevang en gestenig het.

Indien die polisiebeamptes skuldig bevind word, kan hulle afgedank word en selfs as medepligtiges beskou word.

Die saak is verlede Woensdag by die provinsiale polisiehoof, aangemeld.

Luidens die verslag het die beamptes versuim om die slagoffer te beskerm en om die aanval te verhoed.

SAPA