Plaasaanvalle bly kommerwekkend hoog


’n Woordvoerder van Projek2010 het aan Die Vryburger bekend gemaak dat plaasaanvalle steeds kommerwekkend hoog is en dat dit slegs Genade is dat die meeste aanvalle sonder lewensverlies is.

Tot en met 25 Junie is nie minder as 18 plaasaanvalle en 4 plaasmoorde gepleeg nie.

In een van die mees onlangse voorvalle is die bejaarde mnr. Tom Kirstein en sy 66-jarige vrou, Irene, in die Zeerust distrik deur vyf terroriste aangeval. Tom is erg beseer en die terroriste wou net begin om sy vrou met kookwater te martel toe ’n voertuig op die werf stilhou wat die aanvallers genoop het om op die vlug te slaan.

Intussen is ses mans aangekeer nadat hulle ’n boer van die plaas Somerset, naby Machadodorp in Oos-Transvaal aangeval en besteel het.