Perdeskou – eeu van trots


Senekal: Die gemeenskap van dié Vrystaatse dorp is ywerig om die perdeskou wat jaarliks aangebied word, vir die 100 ste keer te hou.

Senekal het bekendheid verwerf vir sy prag vertonings tydens die jaarlikse perdeskou op die dorp. Vanjaar probeer hulle om minstens 100 perde se inskrywings te kry wat sal saamval met die eeufees vieringe.

Inskrywings vir perde kan nog by Michael van Rensburg, organiseerder van die skou, gedoen word.

Blommie Wessels gaan ’n demonstrasie hou oor hoe terapeuties perde vir gestremde kinders kan wees terwyl potjiekos gereed gemaak word vir die besoekers.

Ander bekendes is Mat Hurter wat country-musiek gaan sing asook Armand van der Merwe terwyl William  en  Bonita  die Lafarroscha-dans met ’n perd gaan doen.
Die aand word afgesluit op die maat van countrymusiek en ’n heerlike dans.
.