Parlement: Staak beledigings


Kaapstad: Die speaker van die parlement, Max Sisulu, het ’n beroep op sy lede gedoen om hulle te weerhou van persoonlike opmerkings wat die waardigheid van die lede en die parlement in gedrang bring.
Die speaker het daarop gewys dat dit onbetaamlik is om vir iemand te sê sy is vet.
Dit is ook onbetaamlik om LP’s narre te noem, of “darkies” of platneuse.

Die speaker en sy adjunk het beslis oor uitsprake wat gemaak is tydens sittings waar LP’s in hewige woordewisseling met mekaar redelik beledigend geraak het.

“Daar kan nie toegelaat word dat politieke diskoers en debatte ontaard in aggressiewe woordewisselings tussen lede nie. Demokrasie en vryheid van spraak gaan nie oor aggressiewe woordewisseling nie, maar oor verdraagsaamheid vir ander standpunte en opinies,” het Sisulu gesê.

“Rassistiese en seksistiese uitlatings is ontoelaatbaar – heeltemal ontoelaatbaar,” het hy benadruk.
Foto – Max Sisulu