Pangas uitverkoop


’n Algemene handelaar in die Marikana gebied het bevestig dat die aanvraag na pangas sodanig is dat die voorraad binne enkele dae uitverkoop is.

Daar was, volgens die winkelier, skielik ’n groot aanvraag na pangas en messe sedert die staking by myne. Die oproerigheid en spanning tussen vakbonde het blykbaar aanleiding gegee daartoe dat mynwerkers hulle wil bewapen teen ander vakbonde se mynwerkers.

Die winkelier wat normaalweg sowat 30 pangas in voorraad hou, moes inderhaas groter voorraad aankoop om in die vraag te voorsien.

’n Volkekundige het aan Die Vryburger gesê dat die onderlinge verskille nie berus op stamverkille nie. Dit is duidelik dat die spanning begin het toe vakbonde begin het om mee te ding vir erkenning by mynhuise.\

Die jammerte is dat die pangas ook gebruik word om die volksmoord op blankes voort te sit, het hy gesê.