Pa red sy seun


Johan Hoffman (14) van Bloemfontein het deur sy pa se toedoen, ’n tweede kans op lewe gekry.
Hy skryf in ’n brief aan sy pa, wat bedoel is as deel van sy dankbetuiging op Vadersdag soos volg:
“Baie dankie, Pappa, vir die grootste geskenk wat ek in my lewe kon kry:- ’n nier. Ek is nou gesond en voel regtig baie beter. Ek is lief vir Pappa.”
Johan is op 4 Junie vanjaar ’n tweede kans op lewe gegee met ’n nieroorplanting in die Donald Gordon Mediese Sentrum in Johannesburg.
Johan se pa, mnr. Jaco Hoffman, ’n sakeman van Bloemfontein, was die skenker.
Twee weke later was albei tuis en besig om aan te sterk.