Oud-Polisiebeampte skiet om te dood


Mnr. Noël Mc Seveney (57) en sy vrou Alta van Malelane in die Oos-Transvaal sou waarskynlik albei dood gewees het as hy nie ’n bekwame skut was nie.

As oud polisiebeampte kon hy vinnig reageer toe dit nodig word. Hy het ook geweet dat dit ’n saak van lewe en dood is, en daarom het hy met die eerste skoot die terroris gedood, en met die tweede skoot die volgende terroris swaar gewond te midde van die feit dat hy toe reeds geskiet is en met ’n koeël deur sy long moes reageer.

Dit het gebeur toe terroriste ingebreek het nadat hulle Noel se hondjies vergiftig het.

Nadat ’n personeellid die hek oop gemaak het, het daar skielik skote geklap. Twee aanvallers was duidelik van plan om die egpaar om die lewe te bring.

’n Worsteling het ontstaan tussen Noel en ’n terroris. Intussen het die ander skurk vir Alta uit die bakkie gepluk en haar gruwelik beseer. Haar tande is ook in die stoeiery gebreek.
Sy het skote gehoor klap en besef haar man skiet op die aanvallers.
Die gewonde aanvaller word onder polisiebewaking in ’n hospitaal naby die dorp aangehou.