Opera 2000 se spogaand


Wie sal wil beweer dat ons volk nie sy eie kultuurerfenis lewendig kan hou nie? Opera en operette vorm so ‘n integrale deel van ons eie oorgeêrfde kultuur dat ons dit nie langer mag verwaarloos nie. Gelukkig het ons ‘n Bets Botha wat dit besef het en met Opera 2000 begin het.

Ons volk kon beswaarlik vir ‘n beter persoon gevra het om opera te laat herleef, want sy leef opera en het ‘n wye ervaring van diè kunsvorm. As sy opera begin praat leef die kunsvorm. Min van ons weet deesdae dat opera die draer was van volksnasionalisme gedurende die 18de en 19de eeu, of die invloed op ons Westerse kultuur weens die bydraes tot argitektuur, modes en veral die ontstaan van Sielkunde as ‘n nuwe wetenskap.

Ons volksgenote word opgeroep om ‘n unieke ervaring te kom meemaak eerskomende Vrydagaand om 19:30 by die Meyerspark Hervormde Kerksaal in Havelockstraat (vanuit Simon Vermootenstraat), Meyerspark.
Kom luister en geniet uittreksels uit operas van Verdi (Liefdesduet uit La Traviata), Donizetti (Langs haar wang ‘n traan uit Eliksir van die liefde), van die walskoning Johann Strauss (uittreksels uit die Vlermuis en Sigeunerbaron) en vele meer.

Die program is saamgestel om genot te bring aan diegene wat vir die eerste keer kennis maak met klassieke musiek. Kaartjies is te koop teen R125 per persoon en sluit heerlike sop en sjerrie in. Kinders gratis. Kom maak dit ‘n gesinsaand en stel ons kinders van jongs af bloot aan goeie musiek en aan hulle kultuurerfenis.

Kaartjies kan direk van Bets Botha verkry word by 079 353 1997. Alhoewel kaartjies by die deur beskikbaar is moet die kos voorberei word en besprekings sal dit vergemaklik. Kleredrag: gemaklik formeel.