Die Noord-Transvaalse Departement van Onderwys is blykbaar bankrot.
Die stelling is gemaak deur ouers van skole in dié provinsie wat moes hoor dat die Junie eksamen uitgestel moes word weens ’n tekort aan fondse.
Talle skole in die provinsie is finansieel lelik in die knyp en kan nie ’n sent se onkoste aangaan nie.
Geld wat voor middel-Mei inbetaal moes word deur skole om eksamenvraestelle te kry, kon nie die fondse daarvoor vind nie omdat die Departement blykbaar nie die subsidies uitbetaal het nie.
Skoolhoofde is hierdie week per SMS in kennis gestel dat die eksamen vir eers opgeskort is.
Die nasionale Departement van Onderwys het vroeër die administrasie van Limpopo oorgeneem nadat die onderwys departement van die provinsie in duie gestort het.
Ek neem die stelling van die regering maar (soos altyd) met ‘n knippie sout:
is daar nie geld nie, of is die geld maar weer eens wanbestee, of doodgewoon gesteel?
Die oplossing, uitdagings ten spyt, bly ondersteuning van ons CVO skole!
Ja, dit is in baie gevalle (tans) duurder as staatskole, maar kan ons werklik ‘n prys plaas op ‘n Christelike opvoeding, tesame met goeie akademiese skoolopleiding?
En met meer steun sal die voordeel van skaal meehelp om ook CVO skole se tariewe binne meer se bereik te bring.
Dit gaan verstand te bowe dat daar steeds van ons kinders aan hierdie drogskole blootgestel word. Ek het by geleentheid ‘n artikel gelees wat deur ‘n persoon geskryf is wat in Louis Trichardt woon, wie die volgende vrae vrae:
Is u tevrede met dienslewering van die SAPS – Nee maar ek as individu kan nie veel daaraaan doen nie.
Is u tevrede met die diens van Binnelandse Sake – Dieselfde antwoord as voorgaande.
So het die skrywer ELKE staatsdepartement genoem met dieselfde vraag en dieselfe gevolgtrekking is gemaak.
Toe daar by Onderwys kom word die vraag tereg gevra- WAT MAAK JOU KINDERS DAN IN DAARDIE SKOLE?
Joffre, die antwoord op jou vraag is NEE!! Geen prys kan geplaas word op die opvoeding van Afrikanerkinders nie.
Alhoewel ek nie meer kinders op skool het nie bly ek in ‘n omgewing waar ek daagliks met kindertjies van ‘n CVO skool te doen het MET GROOT TROTS!!!
Dank aan ons CVO Onderwysers en sterkte met julle edele taak
My vraag is kan ons oud onderwysers nie saamstaan in gemeenskappe en n saal huur met behulp van die publiek en n tipe van tuisonerrig begin gee waar dit die wit kinders aanbetref nie.
Ek weet hier op Brandvlei neem die skool net sekere tale in die swart skool in. Die wat nie die talle magtig is nie gaan nie skool nie.