Geagte Dr Titus,
U rubriek in Rapport van 2 Junie 2013 onder die titel “ Danny Titus: Is bruines werklik so verdeeld soos Afrikaners?” het betrekking. Ek vind dit opmerklik dat u (steeds) in terme van ras dink en feitlik daarop aandring om in hierdie terme te dink. “Ek het geen aptyt vir rassisme nie, maar ook nie vir nie-rassigheid nie.” En “n Wit vriend….” Is maar twee voorbeelde van u rasbehepte stellings.
U gaan in die artikel voort en vra hoe lank daar nog vasgeklou gaan word aan die gedagte van nie-rassigheid en voeg dan by “om ’n streep te wil trek deur bruin mense, Afrikaners, Engelse, Africans, Indiërs is tog malligheid?” Dit is hier waar die probleem in sluip in u denkrigting, want Afrikaners, Engelse, Indiers ens is nie rasse nie. Ek kan nie namens die ander praat nie, maar ek as ‘n trotse Boere-Afrikaner is deeglik bewus dat die Boere-Afrikaner ‘n volk is en nie ‘n ras nie.
Alhoewel ek dit met u eens is dat elke kultuurgemeenskap na sy eie belange moet omsien, is dit fataal om daardie kultuurgemeenskap (of dan volk), in terme van ras te definieer of dan in terme van ras vergelyk met ander volke of kultuurgemeenskappe.
Die wêreld is dit eens dat vir ‘n rasgebaseerde siening is daar in die moderne wêreld nie plek nie. Daardie rasgebaseerde siening is verouderde denke en hoort in die verlede. Ek moet ook vra hoe sou u die teendeel van die “nie-rassigheid” waarna u streef beskryf? Rassigheid? Dit sal nie deug nie en immers kan mens nie die raskaart speel net wanneer dit jou pas nie, al doen die ANC dit feitlik elke dag, bly dit rassisme. Dit geld net so veel vir die arbeid diskriminasie teen Bruinmense (u verkose beskrywing) in die Weskaap, as teen Afrikaners (bloot omdat hulle wit is) in die res van die land.
Ek wil u nie te min geluk wens met die “Bruin Bemagtigingsbeweging” waarvan u oënskynlik aan die hoof staan. Dit is toenemend belangrik dat kultuurgemeenskappe hulle eie belange beskerm teen die rassisme van die ANC regime. Tog wil ek u aanraai om uself eerder te definieer in terme van kultuur as in terme van ras, want om slegs na die belange van ‘n sekere ras om te sien, is rassisme, maak nie saak hoe die ANC dit in sy aksies regverdig nie.
EK vind dit ook hartseer dat wanneer die Afrikanervolk, of gedeelte van die Afrikanervolk, as kultuurgemeenskap hulle eie belange beskerm en/of ‘n beter toekoms vir daardie kultuurgemeenskap wil verseker, word die Afrikaner altyd beskuldig en verdink van rassisme. Die onlangse gebeure by die kultuurgemeenskap van Kleinfontein is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Het die Afrikaner as volk dan minder regte as ander, selfs ander wat verkies om in terme van ras te dink?
Dit stem my tot kommer dat die Boere-Afrikanervolksraad ‘n saak het wat tans dien voor die Menseregtekommissie (MRK) en dat u in u hoedanigheid as kommissaris van die MRK, met u rasbehepte denke, ‘n bevinding moet maak, oor die Boere-Afrikanervolk se internasionale gefundeerde reg om selfbeskikking.
Die uwe,
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Vir hierdie vraë sal hy geen antwoord kan gee nie.
Ek dink dit is onregverdig om van hom te verwag om sulke indiepte argumente en stellings te begryp, en dan nog daarop moet reageer.
Sekere mense kan en sekeres kan net eenvoudig nie.
En onthou ook tog sommer die nuwe mensereg om te mag onnosel wees.
Dankie Ben, dat jy gereageer op Dr Titus se stellinge, ek het gehoop iemand sal.
Ek kan net tot een gevolgtrekking kom en dit is dat daar ‘n vrees bestaan dat die Afrikanervolk sal wakkerskrik en sy regmatige erfenis weer, soos in die verlede, sal opeis. Hoekom bring niemand iets op hulle eie totstand nie, maar wil steeds elke Afrikaner-instelling wat bestaan, infiltreer en oorneem onder die vaandel van nasionale eenheid. Hoe kan jy ‘n nasionale eenheid skep onder mense wat nie eens naastenby dieselfde dink nie, laat staan nog die lyk en ruik (verstommend is dit ‘n uitdrukking wat in Beeld van 4 Junie 2013 deur Charl-Pierre Naudé gebruik word)
Ja, soos Arnold sê, die uwe dokter sal dit nie kan begryp nie.
Ons Boere moet tog van uit die Woord van ons God egter begryp dat woorde soos skynheiligheid, geveinsdheid, huigelary, femelary, hipokriet, tweegatjakkals, dubbelhartig ens. kern eienskappe is van die ryk kultuur van die uwe dokter Titus se volk en sy genote.