Oos-Kaapse boer vermoor


Die liggaam van ’n vermoorde boer in Queenstown distrik is in ‘n vrieskas gevind.
Dit is die soveelste geval waar vermoordes se lyk in ’n vrieskas gestop is deur die moordenaars.
Volgens ontleders dui alles daarop dat dit nog ’n terroriste aanval was.

’n Polisie woordvoerder het gesê die 67-jarige man, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, se lyk is Maandag in sy winkel se vrieskas gevind.

Sy werknemers het bekommerd geraak toe hy nie die oggend die veiligheidshek vir hulle oopgemaak het nie.
Hulle het toe na hom begin soek en op sy lyk afgekom.

Niemand is in hegtenis geneem nie.