Oorstromings saai verwoesting


Die Vryburger se medewerker in Kanada berig dat oorstromings en siklone nou verwoesting saai in die noordelike halfrond. Sy rapporteer dat hulle eie woning nou ontruim moes word en sy moes by haar man se kantoor, by sy werkplek, intrek om die berig na ons te stuur.

Die foto toon hoe die rivier in vloed is en nou dreig om oor sy walle te gaan wat beteken dat talle woonhuise oorstroom sal word. Hul eie huis sal ook in die slag bly. Die foto is slegs ’n blok vêr van hulle woning geneem.

Daar is ’n dorpie so 70 km van hulle af, Canmore, wat heeltemal gesluit is en al die mense moes ontruim word. Sommige mense moes uitgery word met vuilis-trokke omdat die riviere alreeds deur die dorpie begin vloei het.

Ons medewerker en haar eggenoot “woon en slaap” intussen in ’n garage by sy kantoor waar hy werksaam is.