Olifantjie se dood ’n raaisel


Slegs met ’n lykskouing kan die rede gevind word vir die skielike vrekte van ’n drie maande oue olifantkalf in die Knysna-olifantpark.

Die olifantjie is in Maart in die park tussen Knysna en Plettenbergbaai gebore maar die ma wou niks met haar te doen hê nie.

’n Ander olifantkoei het die kalf aangeneem en op die oog af het dit goed gegaan met die kleintjie.
Volgens die Knysna-olifantpark het die olifantjie, Fiela skielik siek geword en die personeel het moeite gedoen om haar lewe te red, maar sy is later dood.