• Paul Maqolosane Zwane, die motorbestuurder van Sasolburg se burgemeester, word deur ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur in die gesig gestaar nadat hy ’n voetganger op die R57-pad naby Sasolburg doodgery het met die burgemeester se Mercedes.
• Die voormalige tennis kampioen, Bob Hewitt (73) moet op 16 Augustus in die streekhof in Boksburg verskyn op aanklagte van onsedelike aanranding en verkragting. ’n Dagvaarding is by sy huis in Addo in die Oos-Kaap aan hom beteken.
• Die Filippynse regering sal meer as vyf ton olifanttande ter waarde van sowat R102 miljoen vergruis as deel van die stryd teen onwettige ivoorhandel.
• ‘n Sewejarige seun is in Australië deur die polisie afgetrek toe hy motor bestuur het. Sy smoordronk 41-jarige pa was in die passasiersitplek. Die pa se bloed alkoholvlak was glo drie keer meer as die wettige perk.
• ’n ANC-raadslid in die Oos-Kaap het onder ontstoke Buffalo City-inwoners deurgeloop toe hulle sy huis met ontlasting gegooi het.
• Owerhede in Hong Kong het Edward Snowden, ’n gesoekte man in die VSA, nie aan dié land uitgelewer nie en boonop toegelaat om China te verlaat.
• ’n Jong dame van Kaapstad, wie se naam nie bekend is nie, het slegs ’n ribbebeen gebreek nadat haar Volkswagen City 150 meter vêr gerol het teen ’n skuins afgrond by Clifton. Die motor het gerol tot by ’n woonhuis teen ’n rotswand vasgesteek.
• Die waaghals Jane Wicker het nog op die vlerk gesit toe die vliegtuig die grond getref het tydens die Vectren lugskou in Dayton, Ohio. Sy en die vlieënier, Charlie Schwenker, is op slag dood.
• ‘n ANC-takleier van Durban is doodgeskiet nadat hy aan ‘n deur-tot-deur-verkiesingsveldtog deelgeneem het, het die party gesê.
• Telkom beplan om sy 20 Mbs- en 40 Mbs-netwerk uit te brei tot 240 multi-diens toegangsnodes (MDTN), wat beteken dat al meer Suid-Afrikaners toegang sal kry tot super vinnige breëband internet.
• Huisverkopers en bankiers meen sonder ’n verdere rentekoersverlaging kan die groei in die huismark stagneer namate die persentasie nuweling-kopers al hoe vinniger daal.
• Nigeriese amptenare het vier veroordeelde misdadigers gehang in die land se eerste teregstelling sedert 2006. ‘n Vyfde man wat ook tereggestel sou word, het die dood vrygespring toe die laksman tegniese probleme met die galg ondervind het.
• ’n Paar uur nadat Mickey Arthur as afrigter van die Australiese krieketspan afgedank is, is sy ma in Suid-Afrika oorlede.
• n Passasierskip met sowat 1, 500 mense aan boord is in die Venesiese strandmeer gestrand ná ‘n brand in die skip se masjienkamer uitgebreek het.
• Die SAKP in Natal dring daarop aan dat die ANC-regering wetgewing deurvoer wat buitelanders verbied om grond in die land te besit.
• Altesaam 20 mense is dood toe ‘n helikopter wat deelgeneem het aan ‘n reddingsoperasie in Indië neergestort het.
Verw: “• ’n ANC-raadslid in die Oos-Kaap het onder ontstoke Buffalo City-inwoners deurgeloop toe hulle sy huis met ontlasting gegooi het.”
Goeiedag Boere,
180 jaar gelede het hulle mekaar by die duisende met asgaaie deurboor en met knopkieries doodgeslaan.
37 jaar en 10 dae gelede was daar oral in die land met klippe gegooi en honderde skole afgebrand.
28 jaar gelede het hulle mekaar met petrol in motorbande verbrand.
Vandag gooi hulle mekaar met str*nt.
Ek wonder of dit die Westerse beskawing is wat so ‘n slegte invloed op hulle uitoefen.
Boeregroete,
DuP
DuP, verskoon maar die bietjie tong-in-die-kies kommentaar maar miskien het die Westerse beskawing tog so hier en daar bietjie afgevryf. Str*nt is minder wreed as assegaaie, knopkieries, brandstigting en halssnoermoorde, so is dit nie al ietwat van ‘n vebetering nie?
Het onse mense mekaar dan nie so 50-60 jaar gelede op politieke vergaderings met vrot eiers en pap tamaties gegooi as die gemoedere hoog loop nie?
Goeiedag Vaandrig,
Ja, dalk moet ek toegee. Om in 200 jaar vanaf kanibalisme tot str*nt te vorder, is seker nie te sleg nie, ek sou tog beter gevoel het as dit darem tot by vrot eiers en pap tamaties gewees het.
Ongelukkig lyk die anderkant van die munt minder beter.
200 jaar gelede was ons Grensboere teen rasseskrede op hul plase in die Ooskaap met assegaaie en knopkieries uitgemoor.
Vandag word ons plaasboere selfs teen ‘n groter tempo op hul plase regoor die land uitgemoor, maar ongelukkig is dit tans met die gesofistikeerde wapens wat ons self ontwerp en vervaardig het.
Boeregroete,
DuP
DuP, dagsê.
Ek dink nie die idee is dat ons op Die Vryburger persoonlik met mekaar moet kommunikeer nie maar ter verduideliking wil ek net sê dat ek die sin “Vandag gooi hulle mekaar met str*nt.” in jou eerste kommentaar so komies gevind het die oomblik toe ek dit gelees het dat ek nie kon nallaat om in ligter trant bietjie been te trek nie..
Vrede,
Vaandrig
Ja nee. Dink net as hulle die gesondheids instansies gaan gooi.
Tyd dat hul zoempie se huis betakel en die sekuriteit toets.