Nuusflitse


• Hoe kan wit, Afrikaanse NG mense hul identiteit verbreed sonder om hul eie identiteit te verloor? Dié vraag is tydens die sinode van die NG Kerk in die Vrystaat deur prof. Fanie Snyman van die Vrystaatse Universiteit gevra.
• Sewe mense is dood toe drie motors aan die brand geslaan het nadat die voertuie in ‘n botsing naby Scottburgh in Natal betrokke was.
• Bewerings van sodomie en korrupsie het by die Leeuhof-gevangenis, wat ‘n afdeling van die Groenpunt-tronk is, op Vereeniging uitgeslaan.
• Drie mense is dood en een is ernstig beseer in ‘n ongeluk op die R27-pad by Melkbosstrand in die Wes-Kaap, het paramedici gesê.
• Telkom het verliese van byna R12 miljard aangekondig. Sy verdienste per aandeel die afgelope boekjaar het met 73,2% gedaal.
• Drie mense is in ‘n ongeluk buite die Flora-kliniek in Roodepoort aan die Wes-Rand dood nadat ‘n weghol-vragmotor en 15 ander motors in ‘n botsing betrokke was.
• Die ANC het erken dat sy webtuiste deur kuberkrakers aangeval is, en het gesê sy vryheid van spraak word so ingeperk.
• Die superryk magnaat dr. Johann Rupert gaan oor die volgende vyf jaar R25 miljoen vir navorsing en opleiding in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) skenk.
• ’n Bejaarde man van 91 jaar, het as kragman van Arizona die wêreldrekord vir bors-opdrukke in sy unieke ouderdomsgroep verbeter toe hy 84,91 kg gelig het wat 22 kg meer as die vorige rekord.
• Die voorheen skuldig bevinde vir bedrog, Allan Boesak, gaan vir vier jaar ’n pos by ’n Universiteit in die VSA beklee.
• Diewe het verskeie deksels van mangate in die Vaaldriehoek gesteel en as skroot verkoop. Intussen lê dié 3 meter diep gate oop vir enige mens of dier om daarin te val.
• n Nederlandse hof het ses tiener sokkerspelers en een van die spelers se pa skuldig bevind aan die moord op ’n amateur-grensregter, ’n voorval wat die land geskok het en tot ’n nasionale selfondersoek oor sokkergeweld en ras gelei het.
• ‘n Senior polisiebeampte van Sentraal Transvaal is naby Hammanskraal, noord van Pretoria, vermoor, het die polisie bekend gemaak.
• ‘n Swanger vrou van Durban wat by ‘n kitskos-winkel ingestap het om kos te koop, het ‘n groter bestelling gekry toe haar baba in dié winkel gebore is.
• Sowat 200 000 betogers het in Brasilië se grootste stede betoog in verset teen swak dienslewering, polisie se geweld teen burgerlikes en korrupsie in die regering..
• Die bevindings van ‘n ondersoek na wangedrag teen Oupa Magashula, hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, sal binnekort bekend gemaak word.
• Obama se besoek aan Afrika sal die VSA belastingbetalers sowat R1 miljard uit die sak jaag. Daar sal nie net talle sekuriteitswagte en veilige voertuie vanaf die VSA saamgaan nie, maar ook ’n vliegdekskip word gestuur.
• ‘n Waterkrisis dreig in minstens 26 Vrystaatse dorpe wat wissel van geen water in enige kraan tot kraanwater wat gelykstaan aan rioolwater.
• Rainbow Chickens se werkers staak en het by meer as een geleentheid vragmotors beskadig deur petrol-bomme na die bestuurders te slinger. Die jongste voorval was in Rustenburg en het veroorsaak dat die vragmotor bestuurder met brandwonde in die hospitaal opgeneem is.
• Minstens 10 vakante poste vir regters by verskillende howe in die land moet gevul word. Die vermoede bestaan dat daar so vêr moontlik, nie blanke mans as regters aangewys sal word nie.