Nuusflitse


• Drie plaaslike vlinder spesies het blykbaar uitgesterf en nog 14 word ernstig bedreig, word in ‘n gesaghebbende nuwe publikasie bekend gemaak. Navorsers het ook ’n spesie wat dekades gelede reeds uitgesterf het, in Suid-Afrika opgespoor, wat die moontlikheid inhou dat dieselfde weer kan gebeur met die drie spesies.
• ‘n Australiese vrou is in ‘n hospitaal opgeneem nadat sy per abuis ’n skoonmaakmiddel in plaas van asyn gedrink het om op te hou hik. Die restaurant personeel waar sy geëet het, het gedink dit is asyn wat in die houer is wat hulle aan haar gegee het.
• Die DA gaan R1 miljoen aan die Outa skenk om die implementering van die e-tolstelsel in die hof te beveg, wat goeie reklame isl om kiesers te werf vir die 2014 verkiesing.
• Koningin Elizabeth II se man is in ‘n Londense hospitaal opgeneem vir ‘n operasie en sal na verwagting twee weke behandeling ontvang.
• ’n Swart ouerpaar van Standerton wie se tweejarige seun dood is nadat hy glo weens vier siektetoestande in ’n openbare hospitaal versleg het, gaan skadevergoeding van R150 000 kry.
• Vyf polisielede in Noord-Transvaal wat aangekla word op die moord op ‘n Nigeriër het die naweek agter tralies gebly omdat hul borgtogaansoeke uitgestel is.
• Suid-Afrika se swemmers het hul veldtog by die Mare Nostrum-swemgala in Monaco op ‘n hoë noot afgeskop toe die span sewe medaljes gewen het.
• Vier tieners is in hegtenis geneem in verband met ‘n brand wat oor die naweek by ‘n Islamitiese kosskool in ‘n buurt in Londen uitgebreek het, het die Britse polisie gesê.
• ‘n Beampte het Sondag by die Kanadese Grand Prix gesterf toe hy deur ‘n insleepvoertuig wat besig was om ‘n renmotor van die baan te verwyder, raakgery is nadat die geruite vlag geval het.
• ’n Renosterstroper van Mosambiek is op ’n plaas in die Cumberland-distrik in Noord-Transvaal doodgeskiet. Boere van die gebied asook polisie en spoorsnyers in samewerking met twee private helikopters het die bende van vier stropers gesoek.
• Lede van die ANC-jeugliga wat beplan het om menslike uitskot voor die Wes-Kaapse Wetgewer uit te gooi, is gekeer voor hulle met treine tot by Kaapstad-stasie in die middestad kon ry.
• Namibië se sokkerafrigter, Roger Palmgren, het as breier van die nasionale span bedank nadat hy en sy familie doodsdreigemente ontvang het.
• ‘n Polisiebeampte asook ‘n vermeende rower is dood toe ‘n groep gewapende mans probeer het om ‘n supermark in Soweto te beroof..
• Greyling Wentzel, voormalige Minister van Landbou, is verlede Saterdag in Pretoria ná ’n lang siekte oorlede. Wentzel (87) se vrou, Minnie (76), het gesê hy het in Desember in hul huis geval en sy linker heup gebreek.
• Noord- en Suid-Korea het tot samesprekings op hoë vlak ingestem. Dit word as ’n deurbraak beskou om spanning op die Koreaanse skiereiland te ontlont ná onlangse dreigemente van beide kante.
• Eskom het ontken dat hy met beurtkrag begin het, te midde van berigte dat sekere gebiede in die donker gelaat is.
• Die Waterberg-bewaringsforum het ’n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om in te gryp en die planne van ’n myngroep te stop wat binne-in en reg langs Warmbad en in die Klein Karibavakansieoord vir uraan wil prospekteer.
• Outa het in minder as ’n week R2,35 miljoen in skenkings ontvang om sy hofgeding teen die omstrede e-tol stelsel voort te sit.