Nuusflitse


• Die prys van alle grade petrol sal eerskomende Woensdag met 8 sent per liter daal en diesel 4 sent per liter goedkoper sal wees, het die Departement van energie bekend gemaak.
• ‘n Raadslid van Kaapstad is in die moeilikheid nadat sy die solitaire kaartspel gespeel het tydens die stad se begrotingsdebat.
• Vyf mense is dood en minstens 50 is beseer toe verskeie tornado’s Oklahoma-stad in die VSA getref en chaos veroorsaak het.
• Schalk Brits is geskors nadat hy die losskakel Owen Farrell met die vuis bygedam het tydens ‘n wedstryd tussen die Barbarians en die Britse Leeus.
• Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel nog sneeu oor die berge en snerpende koue vir die res van die week vir groot dele van die Wes-Kaap.
• Duisende betogers wat eis dat Turkye se premier moet bedank, het ‘n derde agtereenvolgende nag in Istanboel met die polisie gebots.
• Drie navorsers wat studie doen oor tornado’s is dood terwyl hulle kragtige tornado’s in Oklahoma in die VSA gevolg het, is deur familie bekend gemaak.
• Die voormalige president van Taiwan, Chen Shui-bian, het probeer om sy eie lewe in ‘n tronk te neem, het die land se Minister van Justisie bekend gemaak.
• Dit is nie net die Wes-Kaap en die VSA wat geteister word nie. Vier mense is dood en minstens agt vermis nadat swaar reën in Sentraal-Europa vloede en grondstortings veroorsaak het.
• ’n Swartman wat blykbaar lid van die NUM vakbond is, is doodgeskiet tydens ’n skietgeveg by een van die Lonmin mynhostelle. ’n Tweede man is swaar gewond tydens die voorval.
• Glencore Xstrata het sowat 1,000 werkers by drie van sy chroom myne in Suid-Afrika afgelê nadat hulle verlede week onwettig gestaak het.
• Nege skoolkinders is onder die tien mense wat dood is toe ‘n selfmoordbomaanvaller naby ‘n mark in Afganistan toegeslaan het.
• ‘n Vermeende rower is in Plettenbergbaai tydens ‘n konfrontasie met die polisie dood, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
• Die ontsnapping-saak teen twee Boeremag-lede is gister in die Pretoriase streekhof uitgestel omdat een van hulle reeds ’n geruime tyd sielkundige behandeling ontvang.
• Die staat se aansoek om verlof tot appèl teen die vonnis van J Arthur Brown, voormalige hoof van Fidentia, is afgekeur.
• Agt metropolisielede het gister tydens ’n interne dissiplinêre verhoor toegegee dat hulle onder meer in hul private hoedanigheid veiligheidswerk by die Gupta-bruilof verrig het.
• Drie Russiese mans word daarvan verdink dat hulle hul buurman in die oostelike Kamchatka-streek vermoor het omdat hy gay is.
• ’n Reuse-ontwikkeling vir gemengde gebruik ter waarde van sowat R76 miljard sal binne die volgende dekade ’n eiendomsontploffing in Modderfontein tot gevolg hê, Die reservaat behoort al vir meer as ’n 100 jaar aan die nywerheidsreus AECI.
• Betogers het Woensdagoggend in Randfonteinweg in Roodepoort buitebande aan die brand gesteek en klippe gegooi.