Nog n windplaas-projek goedgekeur


Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkeling het gesê dat ’n Windplaas naby Wolseley kan opgerig word en sal nie teenstrydig wees met omgewingswetgewing nie.

Mich Nieuwoudt van “Sagit Energy Ventures” het aan die koerant gesê hy hoop sy bod sal in Augustus, wanneer die Nasionale Departement van Energie die kontrakte vir hernubare energie toeken, suksesvol wees.

Die 90MW-plaas van 30 turbines is voorgestel vir die Breederiviervallei tussen Wolseley en Worcester.

Volgens berigte sal dit genoeg elektrisiteit in meer as 70% van die Witzenberg-munisipaliteit se totale behoeftes voorsien.

Die provinsie kry tans die meeste van sy elektrisiteit van Oos-Transvaal wat sowat 1, 600 km weg is wat meebring dat ’n aansienlike persentasie van die krag verlore gaan.