Nog ’n eis teen SAPD minister


‘n Pretoriase man wat blykbaar onregmatig in hegtenis geneem is deur die polisie, dagvaar nou die Minister van Polisie vir meer as R1 miljoen. Hy is glo ‘n nag lank deur mede-aangehoudenes verkrag en aangerand terwyl hy in aanhouding was.

Hofstukke wat by die Pretoriase hooggeregshof ingedien is, dui daarop dat die slagoffer onvoorwaardelik vrygelaat, maar later weer oor dieselfde saak gearresteer en wéér in dieselfde selle gestop is waar hy aangerand is.
Hy is later vir ’n tweede keer vrygelaat.

Mnr. Robert van Wyk, die slagoffer se regsverteenwoordiger, sê sy kliënt wat na verwagting moet gaan getuig, is erg skaam en geweldig getraumatiseer deur die aanvalle.

Die slagoffer is van Brooklyn. Hy moes met drie kursusse antiretrovirale middels behandel word om te keer dat hy MIV/vigs opdoen.

“Gelukkig is hy MIV-negatief,” het Van Wyk gesê.