Nog kruise is geplant


Die afgelope naweek het volksgenote weer bymekaar gekom en wit kruise geplant vir die talle moorde op volksgenote. Vir elkeen wat sy lewe verloor het in die volksmoord, word ’n wit kruis ingeplant by die Witkruismonument.

Die projek, wat bekend staan as die Witkruismonument, word gereeld met nuwe wit kruise aangevul soos wat volksgenote slagoffers was van moorddadige terroriste.

Gevoelens van verlies, leegheid en intense verlange na vermoorde geliefdes het talle mense oorweldig tydens die geleentheid waar hulle gehelp het om kruise te plant.

Tydens die geleentheid is daar weereens gewys op die belangrikheid dat die volk sy Gelofte aan die Here in stand moet hou.