Nog korrupsie in die Vrystaat


Een maatskappy wat betrokke was in die “pad-skandaal” wat die Vrystaatse regering op sy knieë gedwing het, het al wéér ’n tender van R280 miljoen gekry.

Hierdie keer is ’n tender toegestaan om die Seisa Ramabodu-stadion te herbou.

Die aangeleentheid is blykbaar baie stil gehou, maar het nou bekend geword.

Themba Khumalo, bestuurder van die Departement van Openbare Werke, het erken dat die omstrede MRD Consulting Engineers in vennootskap met WHBO, die kontrak gekry het.

MRD Consulting Engineers word gekoppel aan die omstrede voormalige munisipale bestuurder van Nelspruit en omgewing, Jacob Dladla.

Dladla het in twee jaar gelede ’n goue handdruk van R1,5 miljoen van die munisipaliteit gekry. Dit is aan hom toegeken nadat hy skuldig bevind is aan ’n klag dat hy die toeken van ’n tender aan die maatskappy Lefika Emerging Equity gemanipuleer het.

Foto – Themba Khumalo