“As daar ’n arm mens by hierdie sinode instap en skree: “Julle verdwaalde Christene . . .”, dan moet bekering aan hom verkondig word. Dan is God nie noodwendig aan sy kant nie.”
So het ds. Pieter Prinsloo van die gemeente Môrewag in Kroonstad aan die sinode van die NG Kerk in die Vrystaat gesê.
Prinsloo het dié argument gebruik om aan te voer dat dit onbybels is as die Belydenis van Belhar sê dat God “op ’n besondere wyse die God van die noodlydendes, die arme en die verontregte is”. God kan nie so vir een samelewingsgroep gekaap word nie.
Goeiedag Boere,
Hierdie is maar net nog ‘n voorbeeld van die verdeeldheid wat deur die kerke in ons volk veroorsaak word. Die polimiek oor Belhar is doelbewus deur sg. teoloë soos Boesak en Beyers Naudé geskep om die grondslag van ons geloof te ondergrawe.
Ons het self vir Satan toegelaat om ons Protestantse kerke in te sypel en tans gebruik hy hierdie valsheid in die kerke om ons as volk uitmekaar uit te skeur en te vernietig.
Boeregroete,
DuP
Ek is bevrees die Bybel-gefundeerde gelowiges, en waarheid-liefhebbers het reeds vertrek.
Pieter Prinsloo is reg. God is die God van GEREGTIGHEID.
Miskien gaan dit vir ons Hemelse Vader nie net oor nou nie, maar oor Johannes 3: 16.