Nelspruit beswaardes gaan hof toe


Vir meer as ses jaar woed die stryd rondom die naam van Nelspruit, die hoofstad van Oos-Transvaal.

Nou gaan die beswaarde inwoners die saak in die hof voer. Na verwagting sal die geveg in Augustus voortgesit word in die Pretoria Hooggeregshof.

Die groot stryders is ’n toeriste organisasie, Lowveld Chamber of Business and Tourism (LCBT) wat die saak in die hof wil besleg.

Daar is talle argumente soos dat die naam Mbombela omgekeer te kry.
Dr. Pallo Jordan, destydse Minister van Kuns en Kultuur, het die naamsverandering maar is kort daarna uit die amp. Toe is Lulu Xingwana, sy opvolger, het die naam Mbombela laat proklameer. Dit het ondanks groot teenkanting van lede van die gemeenskap gebeur.
Die konsultasie proses was glo nie volgens vereistes nie en ’n groot aantal mense was gekant teen die verandering. Toerisme het ook gely onder die naamsverandering.

Die plaaslike geografiese pleknaam-komitee het die naam Mbombela City aanbeveel, maar dit is net as Mbombela geproklameer.
Met die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 het Fifa, daarop aangedring dat die stad se naam vir eers Nelspruit moet bly. Fifa het geweet die naamsverandering sou verwarring onder sokkergeesdriftiges veroorsaak.

Die beswaardes wil hê die hof moet die regering opdrag gee om die naamsverandering te laat deproklameer.
Foto-Nelspruit sokker stadion