Nelson is ’n verraaier


“Nelson Mandela het ons uitverkoop. Dis deur sy toedoen dat Afrikane nie grond van hul eie besit nie.”
Dít is die mening van die “Pan Africanist Youth Congress of Azania” se woordvoerder, Sello Tlali.

“Mandela het ons verraai”.

Met die uitspraak word verwys na die Vryheidsmanifes waarmee Mandela glo direk sy goedkeuring gegee het aan bepalings van die Wet op Naturelle-grond van 1913.
“Die probleem met die Vryheidsmanifes is dat dit Afrika se swartes sonder enige eie grondgebied gelaat het.”
Tlali het Mandela ook beskuldig dat hy gulsig is.

Foto – Thali