Nazi word nou eers vervolg


In Hongarye word die 98-jarige Laszlo Csatary, ’n voormalige Nazi vervolg wat nou daarvan beskuldig word dat hy talle Jode gemartel en vermoor het.

Hy word nou in Hongarye aangekla van oorlogsmisdade.

Csatary, is sedert 2012 in huisarres. Hy woon reeds jare lank ongestoord in Hongarye.
Hy was een van die wêreld se mees gesoekte Nazi-oorlogsmisdadigers.

Dit word beweer dat hy in beheer van die vervoer van Jode vanaf Slowakye na die Auschwitz-konsentrasiekamp was.

Die bejaarde man word ook aangekla dat hy Jode gemartel en vermoor het.