Die Vryburger is hierdie week een jaar aan die gang. Sy eerste berigte het op 4 Junie verskyn. Sedert daardie dag het Die Vryburger van krag tot krag gegaan, en toe die liberale Afrikaanse media begin om geld te vra vir hulle internet koerante, toe skiet Die Vryburger se leserstal die hoogte in.
Sedertdien beleef Die Vryburger ’n ongekende groei en oortref dit alle verwagtinge.
Alhoewel die redaksie vasbeslote is om hierdie volkseie koerant se leesstof gratis aan te bied, word nuwe planne beraam om die finansiële druk af te haal van die werkers. Daar sal tog wee gevind moet word om die finansies aan te suiwer.
Ons vestig ons hoop gedeeltelik op advertensiewerwers wat na vore sal kom om op kommissie basis advertensies te werf. Hieroor sal ons mettertyd meer inligting bekend maak.
As die ANC skielik meer as R12 miljoen bewillig vir die Erfenisstigting se tweede fase by die Voortrekkermonument, kan ons verwag dat daar iewers ’n slang is die lang gras sal wees. Die tegniek om seggenskap en inspraak en oorname te bewerkstellig, word die maklikste met geld gedoen. Daarvan het die Boere-Afrikaners reeds talle voorbeelde wat beleef is in ons volk se bestaan.
Asof die ANC nou nie genoeg misbruik gemaak het van die verarmde blankes in die Vrystaat nie, het hulle nou ook die jeug geteiken by monde van ’n LP is die parlement. Hoe hulle die blankes se welwillendheid gaan verkry, weet net hulle. Daar kan nooit welwillendheid of enige toegeneentheid wees nie. Die uitermatige diskriminasie wat blankes, en die jeug in besonder, beleef is om van siek te word.
As ’n talentvolle leerling nie toelating kry by ’n universiteit nie, of nie kwalifiseer vir ’n betrekking nie omdat die aansoeker ’n wit vel het, dan is daar nie sprake dat Boere-Afrikaners iets te doen wil hê met enige saak van die ANC nie.
Die Zille vrou het ’n gure ontvangs gehad met haar besoek by Khayelitsha. Miskien is dit nie net omdat sy die DA leier is nie – dalk is haar vel te vaal.
Hierteenoor is die verblydende dat die Gromar skool op besondere wyse Groot Trek 175 herdenk het en nog meer dae daaraan gaan wy. Dit is hierdie optrede wat ons jeug sal sterk maak teen die integrasie-gogga.
Lees gerus die berig oor jou regte tydens padblokkades, maar lees ook van die moedige stryd wat gestry gaan word om Nelspruit se naam te behou.
Te midde van alles, dank ons, ons Hemelse Vader vir genade, wysheid en insig wat daartoe bygedra het dat ons werk met sukses bekroon word in diens van ons volk.
Ons opregte dank en waardering aan elke getroue leser vir suiwer kommentaar en deurlopende ondersteuning.
Redakteur
Vir jul inligting so reg uit die perd se bek sal ons weer en weer terugkom. Geniet die volgende tien jaar en mag jul groei en groei en groei.
Dankie vir n afgelope goed ingeligde jaar. Ons geniet dit. Ons word kwaad wanneer ons lees van ons mede Afrikaners wat so wreed vermoor en rinneweer word. Maar as julle nie daaroor berig nie sal ons dit nooit weet nie. Sterkte vir die volgende jaar en jare daarna. Knap gedaan!
Goeiedag aan die Vryburger-Redaksie,
Veels geluk met hierdie Eerste Verjaardagviering. Mag die vriendelike lig en hitte wat hierdie enkele kersie se vlam uitstraal, elke jaar vermeerder en nog vir baie jare die Boerevolk se bron van nuus en motivering bly.
Hou so aan en waak asb. daarteen dat hierdie mooi poging nie die pad van oorname volg, soos wat die vyand ons radio-stasie geinfiltreer het nie.
Strekte en Boeregroete,
DuP
Veels geluk met hierdie eerste jaar, ek lees al van die begin af, mag God julle seen vir nog baie jare vorentoe en mag ons Boer volk altyd net die waarheid by julle lees.
Sekondeer!
Baie geluk, ek lees en geniet al die artikels. Duisend kerse word vir julle toegewens!
Baie geluk en mag die komende jaar groot voorspoed inhou. Dankie ook aan elke onbaatsigtige bydrae deur almal betrokke!
Verskoon as dit ‘n dom vraag is, maar kan daar nie ‘n inkomste die Vryburger toekom deur die stuur van e-posse nie?
Baie geluk met die eerste jaar. Sodra daar `n metode gevind word om finansiele bydraes te lewer staan myne reg.
Ek wens die redaksie sterkte toe met die volgende 10 jaar.