’n Belangrike gebeurtenis


Ds Ferdie Devenier word, soos die Vader wil ingehuldig as Lid van die Volksraad op 15 Junie 2013.

Daar is slegs 120 plekke beskikbaar vir volksgenote wat hierdie aandoenlike, maar ook feestelike geleentheid sou wil bywoon. Indien u deel daarvan wil wees, moet u bespreking en betaling gedoen wees voor of op Maandag, 10 Junie.

Die verrigtinge behels:

Kerkdiens, kapel te Diamantvallei.
Tyd: 16h00
Drag: Formeel
Sien padaanwysings onder aan.

Inhuldigingsdinee te Kleinfontein Gemeenskapsaal.
Tyd: 19h00
Koste: R150 per persoon
Drag: Formeel
Driegang-maaltyd.
Wyn en sap sal voorsien word. Eie drinkgoed welkom.
Sien padaanwysings onder aan.

Besprekings kan gedoen word by [email protected] of telefonies by 012 803 0712.

Die bankbesonderhede as volg:

Standard Bank
Tak: Lynnwoodrif
Rek.-naam: Volksraad Verkiesing Kommissie
Rek.nr: 018-289-541
Takkode: 012-445

Faks bewys van betaling na 012 803 4527

Dit beloof om weereens ‘n onvergeetlike geleentheid te wees.

Aanwysings na Diamantvallei:

Koördinate: 28º 31′ 35.97″ Oos 25º 48’ 58.66″ Suid

Vanaf Pretoria
N4 oos (rigting Witbank) draai regs oor die snelweg by die Cullinan/Rayton/ Bapsfontein afrit (tolhek), nà ongeveer 3km, draai links by groen Diamantvallei bord op ‘n grondpad, volg die groen Diamantvallei borde. Neem asb. kennis: daar is ‘n ander onthaallokaal op dieselfde pad.
Vanaf Johannesburg
N1 noord na Pretoria, draai regs op die N4 oos, rigting Witbank, gaan voort soos beskryf vanaf Pretoria.
Vanaf Witbank
N4 wes, rigting Pretoria, eerste afrit na groot tolhek (Cullinan, Rayton, Bapsfontein), draai links, rigting Bapsfontein, na ongeveer 2km, draai links by die groen Diamantvallei bord op ‘n grondpad, volg die groen Diamantvallei borde. Neem asb. kennis: daar is ‘n ander onthaallokaal op dieselfde pad.
Aanwysings na die Kleinfontein Gemeenskapsaal:
N4 oos (rigting Witbank) draai regs oor die snelweg by die Cullinan/Rayton/ Bapsfontein afrit (tolhek), nà ongeveer 0,5km, draai regs by die eerste afdraai (kyk vir Galagos-borde), volg die pad tot by die sekuriteitshekke. Die wagte sal die pad verder aandui.