Motorfietse vasgevang in sneeu


Sowat 90 motorfietsryers is in die sneeu vasgevang na hewige sneeu neerslae in die Wes-Kaap.

Die groep is tydens hul toer deur die sneeu oorvan in die Sutherland omgewing en moes noodgedwonge tevrede wees om daar te wag tot die sneeu begin smelt.

Die teerpaaie is onbegaanbaar en gruispaaie geheel en al gesluit vir verkeer. In die Sutherland omgewing is die sneeu op plekke tot 2 meter dik en sal die fietstoer se mense maar tevrede moet wees om nog etlike dae te wag voordat hulle verder kan reis.

Die sneeu het oor ’n wye gebied geval, en die Swartbergpas is steeds gesluit vir verkeer.