Motordiefstal met VIN nommer besonderhede


Dit is so eenvoudig, die gewone man op straat sal nie aan die skelmstreek dink nie en hierdie inligting is die waarde van u motor werd.

Die motordief kyk deur u motor se voorruit en skryf die VIN nommer wat op die lisensieskyfie of die registrasieplaatjie wat in die motor vasgeheg is, neer. Die skurk gaan na die motorhandelaar en bestel ’n duplikaat sleutel wat beskikbaar is volgens die VIN nommer.

Die motorvervaardigers Chrysler Dodge, GM en Ford, het bevestig dat ’n duplikaat sleutel volgens die VIN nommer bekom kan word.

Die motorhandelaar se onderdele afdeling, kan dikwels ’n duplikaat sleutel op aanvraag voorsien indien die VIN beskikbaar is.

Die motordief hoef dus nie by ’n motor in te breek nie. Al wat hy/sy hoef te doen is om die motor oop te sluit, in te klim, aan te skakel en weg te ry.

’n Praktiese manier om bogenoemde te voorkom, is om ’n stukkie maskeerband, elektriese isolasieband of mediese band oor die VIN nommer te plak.

Volgens wet mag die VIN nommer nie verwyder word nie, maar die wet verhoed u nie om die nommer te bedek nie.

U word dringend vermaan om die inligting met familie en vriende te deel.