Motor rubriek – RenaultSport Clio 200 EDC


Uit die Franse stal is die nuutste toevoeging, die RenaultSport Clio. Die afgelope vier jaar is die B – segment motor terrein deur Renault oorheers deur een motor, naamlik die Renault Sport Clio. Renault was nog altyd baie gewild onder die motor publiek en het altyd ’n goeie indruk gelaat.

Met die nuutste toevoeging is dit dan ook die geval. Met toetse wat tot dusver uitgevoer is, is daar bewys dat dit ’n motor is waarvan daar kennis geneem kan word. Dit is op hierdie stadium slegs beskikbaar in ’n vyfdeur weergawe. 18 duim allooiwiele word gebruik en die “plat bek” dubbel uitlaatpype is duidelik sigbaar.

Die binne afwerking is van hoogstaande gehalte en dit word aangevoel wanneer daar in die voertuig ingeklim word. Die Recaro sitplekke is met sagte leer oordek en neem die vorm van jou liggaam aan wanneer jy gaan sit. Die stuurwiel se verstellings is van so aard dat ’n baie gerieflike sit posisie ingeneem kan word.

Die RenaultSport is slegs beskikbaar met ’n ses spoed outomatiese ratkas en die skakeling is baie glad en die skakel posisies beskikbaar is normaal, sport en resies. Hierdie drie skakel posisies het elk weer sy unieke voordele. Skakeling kan gedoen word deur middel van die rathefboom op die vloer of deur middel van die hand-pedale agter die stuurwiel.

Die enjin van hierdie motor is ’n 1,6 liter, turbo aangedrewe wat die 2,0 liter vervang. ’n Handige 148 kW is beskikbaar en die wringkrag is 240 Nm. Brandstof verbruik het verbeter en is ’n goeie 6,3 liter/100 km. Die motor is instaat om van 0 tot 100 km/u te versnel in 6,7 sekondes en die top snelheid is 230 km/u. Die bakwerk is 36 kg ligter as die 2,0 liter motor en weeg 1204 kg.

Tot aanstaande week, hou al vier wiele op die pad!