Motor rubriek – Nuwe KIA Cerato


Die nuutste toevoeging tot die Kia reeks is die CERATO HATCH model. Hierdie motor met sy bekende voorkant gaan heelwaarskynlik ook ’n wenner wees. Alle aanduidings is dat dit ’n sukses kan voorspel. Motor joernaliste se kommentaar is baie positief. Die vyf deur model se profiel beklemtoon die aërodinamiese bouvorm wat tot gevolg het dat die sleur faktor baie min is. Afwerking en bou is van hoogstaande gehalte.

Die binne afwerking is van hoogstaande gehalte en die verskeidenheid van toerusting beskikbaar voldoen aan die vereistes van bykans alle motor kopers. Die instrument paneel voor die bestuurder is duidelik leesbaar en al die ander bybehore vergemaklik die rygerief van die motor. ’n Elle lange lys van hulpmiddels is beskikbaar. 2.0 liter voertuie is beskikbaar met leersitplekke en USB/AUX/ iPod koppelpunte ens.

Die werkverrigting is indrukwekkend. Die Kia ingenieurs het daarin geslaag om twee hoë werkverrigting modelle te ontwikkel wat voldoen aan die vereistes van die kopers. Dit is beskikbaar in twee petrol, 4 silinder enjin weergawes en dit is bekend as die Theta 2.0 liter en ’n Gamma 1.6 liter enjin. Beide is beskikbaar met of ’n outomatiese ratkas of handratkas. Die 2.0 liter lewer maksimum krag van 114.7kW @ 6200o.p.m. en wringkrag van194.2 Nm @ 4300 o.p.m. terwyl die 1.6 liter enjin se kraglewering 91.2kW @ 6300 o.p.m. is en wringkrag van 156kW @ 4200o.p.m. beskikbaar is.

Wat die veiligheid van die voertuig aanbetref, skort daar min. Skyfremme is op al vier wiele gepas met ABS remme, met elektroniese remkrag verspreiding, remhulp. Ses lugsakke is gepas – bestuurder en voorste passasier, twee sykant lugsakke en twee vollengte gordyn lugsakke aan die binnekant van die motor. Veiligheidsgordels is vir al die insittendes gepas en is van die “ruk/ stop” tipe.

Tot aanstaande week, geniet u motor.