Motor rubriek – KIA OPTIMA GDi – 6 Junie 2013


’n Motor voertuig uit die Oosterse lande wat van krag tot krag gaan is Kia. Die jongste toevoeging tot die reeks is die Kia Optima GDi. Die aanduidings is daar dat hierdie gesinsmotor baie gewild gaan wees onder kopers.

Die enjin wat gepas word het indrukwekkende eienskappe. Die is effektief in alle aspekte van die tegniese ontwikkeling. Daar is 7% meer wringkrag beskikbaar teen lae enjintoere en 12% meer wringkrag teen hoër enjintoere. Die Theta 2 GDi enjin is ontwerp om teen 4250 o.p.m., 250Nm. wringkrag te lewer. Die ontwerp is van so aard dat “versnelling en verbygaan” aksie glad verloop. Die maximum kraglewering is 148kw @ 6300 o.p.m.

Wat die enjin ontwerp interessant maak is dat onder suierkrone olie-inspuiters geïnstalleer is wat olie teen die silinderwande spuit om verkoeling te verbeter, wrywing verminder en beter brandstof tot gevolg het. Verder is die enjin ontwerp van so aard dat dit beter “asemhaal” en wanneer die brandstof –lugmengsel in die ontbrandingskamers ingesuig word, is die ontbranding meer effektief. Die brandstof inspuiting bestaan uit twee stadiums wat die drukking op die uitlaatstelsel verminder en sodoende word lugbesoedeling verminder.

Wat die binneafwerking aanbetref is daar min kritiek te lewer. Een van die uitstaande kenmerke is die vier speekstuurwiel. Verskeie kontrole is daarop gemonteer en die ratkieshefbome is binne maklike bereik agter die stuurwiel gemonteer.

Bogenoemde inligting is deur die vervaardiger verskaf.