Minister verloor magte


Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het sekere magte verloor wat van haar weggeneem is en nou aan ’n kollega toegewys is.
Pres. Zuma het magte rakende die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne, wat deel is van Joemat-Pettersson se portefeulje, aan Edna Molewa, die Minister van Waterwese en Omgewingsake, oorgedra.

Die verandering hou glo verband met die regulasies ten opsigte van beskermde mariene gebiede, asook walvisse, dolfyne, seeskilpaaie en withaaie.

Die magte en funksies ten opsigte van see-boerdery is vier jaar gelede van die Minister van Waterwese en Omgewingsake na die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye oorgeplaas.

Dit is nou weer terug verander na die oorspronklike indeling.