Minister se plan werk toe nie


Thulas Nxesi die Minister van Openbare werke se plan om afgetrede siviele ingenieurs en ander kundiges in die boubedryf na die Departement van Openbare werke te lok, vorder uiters stadig.
Tot hede het 19 siviele en twee elektriese ingenieurs aansoek gedoen.

Nxesi het onlangs gesê die Departement gaan afgetrede ingenieurs lok om die groot tekort aan tegniese vaardighede teen te werk.

Dit het in die portefeuljekomitee oor Openbare Werke aan die lig gekom dat net 66 aansoeke vir die sowat 220 poste ontvang is.

Foto – Minister Thulas Nxesi