Minister moet R8,8 miljoen opdok


Suid-Afrika se Minister van Polisie moet R8,8n miljoen opdok ingevolge ’n bevel van die Hooggeregshof in Bloemfontein.
Die voormalige prokureur van Welkom is verkrag deur ’n swarte, wat bestempel is as ’n reeksverkragter, wat weens nalatigheid uit polisiebewaking ontsnap het.
Die vrou (30) is nou werkloos, ly aan erge stres oor die voorval van vier jaar gelede. Sy het al twee keer probeer selfmoord pleeg.

Sy is deur die reeksverkragter met ’n vuurwapen gedreig en toe verkrag.

Regter Albert Kruger het in sy uitspraak gesê die feit dat die gebeure die vrou steeds bybly, dui daarop dat die reeksverkragter se aanval op haar ernstige nagevolge gelaat het.

Met tye kan sy selfs vir ’n week lank glad nie aan die slaap raak nie, ongeag sterk slaapmiddels wat vir haar voorgeskryf is.